Highlanders (Superrugbyspan)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Highlanders (voorheen bekend as die Otago Highlanders) is ’n Nieu-Seelandse rugbyspan wat as ’n konsessie aan die Super 14 deelneem sedert 1996. Die konsessie sluit Otago en Southland in. In terme van die ITM-beker kom die Highlanders spelers van Otago, Noord-Otago en Southland af. Hulle tuiswedstryde word gespeel op Carisbrook in Dunedin en soms op Rugbypark in Invercargill. Die huidige kaptein van die span is Jamie Mackintosh.
Highlanders | ||||
Stigting | 1996 (Super 10 begin) | |||
Ligging | Dunedin, Nieu-Seeland | |||
Streek | Otago, Noord-Otago, Southland | |||
Stadion | Carisbrook | |||
Kapasiteit | 29,000[1] | |||
Afrigter(s) | Jamie Joseph | |||
Kaptein(s) | Shane christie Ben Smith | |||
Liga(s) | Superrugby | |||
2018 | Kwarteindronde (6de na rondomtalie) | |||
|
||||
Statistiek | ||||
---|---|---|---|---|
Meeste wedstryde | 127 Anton Oliver | |||
Meeste punte | 857 Tony Brown | |||
Eerste wedstryd | ||||
Otago Highlanders 57 – 17 Queensland Reds (3 Maart 1996) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Otago Highlanders 65 – 23 Noordelike Bulls (3 Maart 1999) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
ACT Brumbies 70 – 26 Otago Highlanders (12 Mei 1996) | ||||
Unie webwerf | ||||
www.thehighlanders.co.nz |
Die konsessie is in 1996 gestig om die neder Suid-Eiland in die nuutgestigte Super 12 te verteenwoordig. Hulle het in die eerste seisoen 8ste geëindig en die volgende seisoen laaste nadat hulle slegs drie wedstryde kon wen. In die volgende drie seisoene (1998, 1999 en 2000) het hulle egter deurgedring tot die halfeindronde; hul beste vertoning tot nog toe was in 1999 toe hulle teen die ander span van die Suid-Eiland, die Crusaders, in die eindronde op Carisbrook. Hulle het met 24 - 19 verloor en in die volgende jaar is hulle in die halfeindronde deur die Crusaders uitgeskakel. Sedertdien het hulle nog net een keer in die top vier geëindig (in 2002). Tussen 2003 en 2009 kon hulle nie beter as sewende op die punteleër vaar nie.
Die voormalige Highlander, Anton Oliver, het ’n rekord 127 wedstryde vir die konsessie gespeel en dertien ander spelers het meer as 50 wedstryde gespeel vir die span.