Himalia-groep
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Himalia-groep is ’n groep onreëlmatige mane van Jupiter waarvan die wentelbane ooreenstem met dié van die maan Himalia. Hulle het waarskynlik dieselfde oorsprong. Die bekende lede van die groep is, van die naaste tot die verste van Jupiter af: Leda, Himalia (die grootste), Lysithea en Elara.
Die voorwerp met die voorlopige naam S/2000 J 11 is voorheen beskou as ’n moontlike kandidaat as lid van die groep,[1] maar dit word nie meer beskou as ’n satelliet van Jupiter nie.[2]
Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) gee name wat op "a" eindig aan die mane in dié groep.