Holmer Johanssen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Holmer Johanssen is die skuilnaam van Hans Holleman (18 Desember 1915, Tulung Agung, Java – 28 Augustus 2001, Alphen aan de Rijn), ’n Nederlander wat sy fiksie in Afrikaans geskryf het. Hy het navorsing gedoen en verskeie werke oor die inheemse stamme van Afrika geskryf, waarna hy professor in Afrika Sosiologie en Kultuur in die Fakulteit van Sosiale Wetenskappe aan die Universiteit van Leiden in Nederland geword het. Hy skryf ook onder die skuilnaam skuilnaam Jacobus van der Blaeswindt.