ISO 8601

Internasionale standaard vir die uitruil van datum- en tyd-verwante data From Wikipedia, the free encyclopedia

ISO 8601
Remove ads

ISO 8601 is 'n internasionale standaard vir die uitruil van datum- en tydverwante data. Die standaard is getiteld "Data-elemente en uitruilformate - Inligtinguitruiling - Voorstelling van datums en tye" en is deur die Internasionale Standaardeorganisasie (ISO) uitgereik. Die doel van die standaard is om die risiko van verkeerde interpretasie te vermy waar numeriese verteenwoordiging van die datums en tye oor nasionale grense uitgeruil word, en verwarring en ander gevolglike foute of verliese te vermy. Die standaard organiseer die data sodat die grootste termyn (jaar) eerste in die datastring verskyn en vorder tot in die kleinste tydperk (sekonde). Dit maak ook voorsiening vir 'n gestandaardiseerde metode van tydgebaseerde kommunikasie-inligting oor tydsones deur die gebruik van Gekoördineerde Universele Tyd (UTC)[1].

Kitsfeite Datum in UTC, Tyd in UTC ...
Thumb
Verduideliking van ISO 8601 - al drie die uitbreidings wat getoon word, is geldig.
Remove ads

Eksterne skakels

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads