Imhotep
Egiptiese veelweter / From Wikipedia, the free encyclopedia
Imhotep (ook gespel Immutef, Im-hotep en Ii-em-Hotep, en bekend onder die Hellenistiese naam Imuthes; omstreeks 2650–2600 v.C.) was ’n raadgewer van die Egiptiese farao Djoser, ’n argitek,[1] ingenieur[2] en dokter,[3] asook ’n hoëpriester van die gode Ptah en Ra.
Imhotep | ||||||
Egiptiese god | ||||||
’n Beeldjie van Imhotep in die Louvre. | ||||||
Hoëpriester, argitek, veelweter, dokter | ||||||
Gebore | Omstreeks 2650 v.C. | |||||
Oorlede | Omstreeks 2600 v.C. | |||||
Monumente | Grafkelder van Imhotep | |||||
|
Hy was een van baie min gewone burgers wat ná sy dood goddelike status verkry het. Die ligging van sy selfgeboude grafkelder was van die begin af ’n geheim en is steeds onbekend, ondanks talle pogings om dit te soek.[4] Daar word geglo dit is iewers by Saqqara versteek. Een van sy talle prestasies was dat hy die Piramide van Djoser ontwerp het. Hy was ook betrokke by die bou die piramide van sy opvolger, Sechemchet, maar werk aan laasgenoemde is gestaak ná die farao se kort bewind.[5]