Ivoriaanse nasionale rugbyspan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ivoriaanse nasionale rugbyspan (Frans: Équipe de Côte d'Ivoire de rugby à XV) is die nasionale rugbyspan wat Ivoorkus in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Les Éléphants (“die olifante”), genoem na die Afrika-olifant, Ivoorkus se wapendier. Rugby word in Ivoorkus geadministreer deur die Ivoriaanse Rugbyfederasie (Fédération ivoirienne de rugby, FIR) wat in 1961 gestig is. Ivoorkus word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Ivoriaanse rugbyspan is tans (April 2024) 46ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Die span word as een van die sterker Afrikaspanne na die Suid-Afrikaanse Springbokke en die Namibiese Welwitschias beskou.
Ivoorkus | ||||
Unie | Ivoriaanse Rugbyfederasie (FIR) | |||
Bynaam(e) | Les éléphants (“Die olifante”) | |||
Embleem | die Olifant | |||
Stadion | Stade Félix Houphouët-Boigny, Abidjan | |||
Kapasiteit | 50 000 | |||
Afrigter(s) | Andre Adopo | |||
Kaptein(s) | Charles Zamble | |||
|
||||
Statistiek | ||||
---|---|---|---|---|
Meeste toetse | 5 spelers (8 elk)[1] | |||
Meeste punte | Athanase Dali (31)[2] | |||
Meeste drieë | Abubacar Camara (3)[3] | |||
Eerste internasionale wedstryd | ||||
Zimbabwe 22–9 Ivoorkus (Harare, Zimbabwe; 5 Mei 1990) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Ivoorkus 83–3 Mauritius (26 Junie 2013) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Ivoorkus 0–89 Skotland (Rustenburg, Suid-Afrika; 26 Mei 1995) | ||||
Wêreldbeker | ||||
Verskynings | 1/10 (Eerste in 1995) | |||
Beste uitslag | Laaste in groep 1995 |
Ivoorkus het in 1990 sy eerste toetswedstryd teen Zimbabwe gespeel. Die span kon vir een rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer, maar hulle het tydens die 1995-toernooi al hul groepwedstryde verloor. Sedert 2001 neem Ivoorkus aan die jaarlikse Afrikabeker deel.