Jaap Steyn
Suid-Afrikaanse skrywer / From Wikipedia, the free encyclopedia
JC "Jaap" Steyn (* 1938 – † 2021) was ’n joernalis, dosent in Algemene Taalwetenskap aan die Randse Afrikaanse Universiteit en professor-navorser in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Jaap Steyn | |
---|---|
Gebore | Jacob Cornelius Steyn (1938-07-31)31 Julie 1938 |
Sterf | 6 September 2021 (op 83) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Akademikus, skrywer |
Ouer(s) | Jacob Cornelis Steyn Martha Elizabeth Mellet |
Sluit
Hy was veral bekend vir sy indringende studies oor die Afrikaanse taal se herkoms en geskiedenis en sy omvattende biografieë oor onder andere M.E.R. en N.P. van Wyk Louw. As digter verwerf hy die Eugène Marais-prys en die Ingrid Jonker-prys en as prosaskrywer word hy bekroon met onder andere die Recht Malan-prys, die Louis Luyt-prys en die Stalsprys.