From Wikipedia, the free encyclopedia
Sir John Young "Jackie" Stewart, OBE (gebore op 11 Junie 1939) is 'n Britse voormalige Formule Een-renjaer uit Skotland. Met die bynaam die "Flying Scot", het hy tussen 1965 en 1973 aan Formule Een deelgeneem, drie bestuurderswêreldkampioenskappe gewen, en twee keer as naaswenner geëindig oor die nege seisoene. Hy word deur baie mense beskou as een van die grootste jaers in die geskiedenis van die sport. [1] [2]
Jackie Stewart | |
---|---|
Stewart by die 2014 6-uuruithouren op Silverstone | |
Geboortedatum | 11 Junie 1939 |
Geboorteplek | Milton, Dunbartonshire, Skotland |
Volle naam | John Young Stewart |
Nasionaliteit | Brit |
Aktiewe jare | 1965–1973 |
Ou span(ne) | BRM, Matra, March, Tyrrell |
Inskrywings | 100 (99 begin) |
Kampioenskappe | 3 (1969, 1971, 1973) |
Oorwinnings | 27 |
Podiums | 43 |
Loopbaanpunte | 359 |
Voorste wegspronge | 17 |
Vinnigste rondtes | 15 |
Eerste F1-wedren | 1965 Suid-Afrikaanse Grand Prix |
Eerste wen | 1965 Italiaanse Grand Prix |
Laaste wen | 1973 Duitse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 1973 Verenigde State Grand Prix (nie weggespring) |
Buiten Formule Een loop hy net-net 'n oorwinning mis by sy eerste poging op die Indianapolis 500 in 1966, en hy het in 1970 en 1971 aan die Can-Am-reeks deelgeneem. Tussen 1997 en 1999 was hy in vennootskap met sy seun, Paul, spanhoof van die Stewart Grand Prix Formule Een-renspan.
Stewart was ook instrumenteel in die verbetering van die veiligheid van motorwedrenne, en het hom beywer vir beter mediese fasiliteite en die verbetering van die baan by motorsportbane.
Na die dood van John Surtees in 2017 is hy die laaste oorlewende Formule Een-wêreldkampioen uit die 1960's.
Stewart is in Milton, Dunbartonshire, Skotland gebore, 'n dorpie vyftien myl wes van Glasgow. Stewart se familie was Austin, en later Jaguar, motorhandelaars en het 'n suksesvolle besigheid opgebou. Sy pa was 'n amateurmotorfietsrenjaer,[3] en sy broer Jimmy was 'n renjaer met 'n plaaslike reputasie wat vir Ecurie Ecosse gery het en aan die 1953 Britse Grand Prix op Silverstone deelgeneem het.
Stewart was op Hartfield Laerskool in die nabygeleë dorp Dumbarton. Op die ouderdom van 12 het hy leerprobleme begin ervaar as gevolg van ongediagnoseerde disleksie, en omdat die toestand destyds nie verstaan of selfs wyd bekend was nie, is hy gereeld deur onderwysers en eweknieë beledig en verneder omdat hy "dom was".[4] Na hy 16 geword het, was hy nie in staat om met sy sekondêre opleiding voort te gaan nie,[5] en het hierna in sy pa se motorhawe begin werk as vakleerlingwerktuigkundige.
Stewart se eerste motor was 'n liggroen Austin A30 met 'egte leersitplekke' wat hy kort voor sy sewentiende verjaardag vir £ 500 gekoop het. Hy het vir die koopprys gespaar met fooitjies wat hy by sy gesin se motorwerkswinkel gekry het. [6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.