Jacquère
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jacquère is 'n wit druifsoort wat hoofsaaklik in die Savoie-wynboustreek van Frankryk verbou word.[1] Dit lewer 'n hoë opbrengs, en word gebruik om ligte, verfrissende en sag-aromatiese wyn te maak, soos byvoorbeeld Vin de Savoie. Jacquère word ook gebruik in Apremont-wyn, en word gewoonlik gedrink saam met kaasfondue ('n gereg uit dieselfde streek). Dit word ook gebruik om Bugey-wyn te maak.
Jacquère word ook verbou in sommige Condrieu-wingerde, maar dit mag nie gebruik word om Condrieu Appellation d'Origine Contrôlée-wyn te maak nie.[1]
Na verhoogde aanplantings in Frankryk in die 1980's, het aanplantings van die druifsoort sedert die 1990's op ongeveer 1000 hektaar gestabiliseer.[1]