Jacques-Pierre de Taffanel de La Jonquière
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jacques-Pierre de Taffanel de La Jonquière, marquis de La Jonquière (* 18 April 1685 naby Albi, Frankryk; † 17 Maart 1752 in Quebecstad, Kanada) was 'n Franse vlootoffisier en in die jare 1749 tot 1752 goewerneur van die kolonie Nieu-Frankryk in Noord-Amerika.
Kitsfeite Monarg, Voorafgegaan deur ...
Jacques-Pierre de Taffanel de La Jonquière | |
Goewerneur-generaal van Nieu-Frankryk | |
Ampstermyn 1749 – 1752 | |
Monarg | Lodewyk XV van Frankryk |
---|---|
Voorafgegaan deur | Rolland-Michel Barrin |
Opgevolg deur | Michel-Ange Duquesne de Menneville |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 18 April 1685 naby Albi, Frankryk |
Sterf | 17 Maart 1752 Quebecstad, Kanada |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Sluit
Tydens sy ampstermyn is daar 'n tydperk van vrede in die langdurige konflik tussen Engeland en Frankryk, nogtans maak De La Jonquière voorsiening vir die verwagte hervatting van die oorlogshandelinge deur die versterking van die Franse troepe en die Franse posisies in die gebied van die Groot Mere en langs die grens van Akadië.
Jonquière, 'n stad in die suide van die Kanadese provinsie Quebec, is na De La Jonquière vernoem.