Jagter-versamelaar
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jagter-versamelaars is gemeenskappe wat die meeste van of al hulle kos kry deur wilde diere te jag en wilde plante te versamel. Daarteenoor is landbougemeenskappe afhanklik van gedomestiseerde spesies.
Om te jag en versamel was die mens se eerste en suksesvolste aanpassing – dit het deur minstens 90 persent van die menslike geskiedenis voortgeduur.[1] Ná die Neolitiese Omwenteling, waarin landbou ontwikkel het, is baie jagter-versamelaars wat nie hulle leefstyl verander het nie, deur landbougemeenskappe verdring of verower.[2]
Net ’n paar moderne gemeenskappe word as jagter-versamelaars geklassifiseer, en baie van hulle vul hulle versameling aan met eenvoudige vorme van landbou.[3][4]