Jean Pierre Pellissier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Eerw. Jean Pierre Pellissier (St. Aray, Grenoble, 28 September 1808 – Bethulie, Vrystaat, 11 Junie 1867) was 'n Franse sendeling in Suid-Afrika en die oupa van onder andere Mabel Jansen, Samuel Henri Pellissier en George Murray Pellissier. Hy is die stamvader van die Pellissier-familie in Suid-Afrika, van wie talle lede op verskeie gebiede in Suid-Afrika presteer het.