11 Junie
datum From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
11 Junie is die 162ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (163ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 203 dae in die res van die jaar.
<< | Junie 2025 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
Gebeure
- 1509 – Koning Henry VIII van Engeland trou met Catharina van Aragon.
- 1639 – Fabio Chigi (later Pous Alexander VII) word nuntius in Keulen.
- 1670 – Pous Clemens X bevestig die aflate gekoppel aan besoeke van die heilige plekke in Palestina.
- 1690 – Pous Alexander VIII verklaar Sint Kinga (ook Cunegunde) van Pole, salig.
- 1770 – Kaptein James Cook ly skipbreuk op die Groot Koraalrif.
- 1725 – Pous Benedictus XIII stel Niccolò Coscia, titulêr aartsbiskop van Traianopoli en Niccolò del Giudice, apostoliese protonotarius aan as kardinale.
- 1742 – Verdrag van Breslau maak vrede tussen Maria Theresa van Oostenryk en Frederik II van Pruise.
- 1898 – Die Guangxu keiser van China begin sy Honderd dae van hervorming.
- 1899 – Pous Leo XIII dra die hele mensdom op tot die Heilige Hart van Jesus.
- 1936 – Die Switserse volk keur 'n regeringskrediet van 235 miljoen Frank goed om die opknapping van die weermag en verdedigingsinfrastruktuur te finansier.
- 1936 – Die Switserse parlement keur die mosie af om diplomatieke bande met Sowjet-Rusland aan te knoop.
- 1955 – Le Mans-ramp: Sewe-en-sewentig mense sterf en vele ander word beseer toe 'n renmotor van die baan af tol en in die skare vasjaag.
- 1963 – Die Universiteit van Alabama word gedesegregeer toe Goewerneur George Wallace gedwing word om te bedank nadat hy probeer verhoed het dat swart studente by die universiteit inskryf.
- 2003 – Die naam van die hoofstad van die Limpopoprovinsie, "Pietersburg" word amptelik gewysig na Polokwane.
- 2023 – Australië verslaan Indië met 209 lopies in die eindstryd van die tweede Wêreldtoetskampioenskap op The Oval in Londen.
Remove ads
Geboortes
- 1716 – Otto II. Freiherr von Münchhausen, Duitse plantkundige († 1774).
- 1776 – John Constable, Engelse Romantiese skilder († 1837).
- 1864 – Richard Strauss, Duitse komponis († 1949).
- 1906 – NP van Wyk Louw, Suid-Afrikaanse digter, akademikus en dramaturg († 1970).
- 1910 – Jacques Cousteau, Franse wetenskaplike, uitvinder van die akwalong († 1997).
- 1911 – Margaret Keay, Suid-Afrikaansgebore Britse plantpatoloog († 1998).
- 1932 – Athol Fugard, Suid-Afrikaanse dramaturg, akteur en regisseur († 2025).
- 1937 – Gerrit Kruger, Suid-Afrikaanse klassikus
- 1939 – Jackie Stewart, Skotse motorrenjaer.
- 1964 – Jean Alesi, Frans-Italiaanse Formule Eenrenjaer.
- 1968 – Pieter Naudé, Afrikaanse sanger († 2025).
- 1972 – Heather Clark, Suid-Afrikaanse branderplankryer.
- 1975 – Denis Matsuev, Russiese pianis.
- 1981 – Bonné de Bod, televisie-aanbieder en -vervaardiger.
- 1982 – Jacques Freitag, Suid-Afrikaanse hoogspringatleet († 2024).
- 1983 – Wynand Olivier, Suid-Afrikaanse beroepsrugbyspeler en Springboksenter.
Remove ads
Sterftes
- 1727 – George I, koning van Groot-Brittanje (* 1660).
- 1867 – Jean Pierre Pellissier, Franse sendeling en stamvader van 'n bekende Afrikaanse familie (* 1808).
- 1941 – A.A.S. le Fleur, visioenêre Griekwa-leier (* 1867).
- 1952 – Frank Brownlee, magistraat in die Transkei en volksverhaalskrywer (* 1876).
- 1979 – John Wayne, Amerikaanse akteur (* 1907).
- 1991 – Cromwell Everson, Suid-Afrikaanse komponis en skrywer van die eerste Afrikaanse opera, Klutaimnestra (* 1925).
- 2012 – Christa Steyn, Afrikaanse sangeres (* 1958).
- 2020 – Mel Winkler, Amerikaanse akteur (* 1941).
- 2023 – Mikio Aoki, Japannese politikus, kortliks Eerste minister van Japan (* 1934).
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 11 Junie. |
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads