From Wikipedia, the free encyclopedia
John William Gaisford (Onbekend, 7 Oktober 1853 – Potchefstroom, 21 Augustus 1928) was 'n Suid-Afrikaanse argitek wat op Potchefstroom gewoon en in die laat 19de en vroeë 20ste eeu daar as argitek gewerk het. Hy word beskryf as die stad se eerste argitek.[3]
Van die geboue wat hy ontwerp het, kan net van enkeles met sekerheid gesê word dat hy daarvoor verantwoordelik was. Hy het 'n leidende rol op die dorp gespeel en was meermale tussen 1913 en 1918 burgemeester. Gaisford het in 1928 afgetree, maar sy laaste jare is versuur deur 'n geskil oor die sinagoge op Potchefstroom waaraan bouwerk in 1923 begin het. Hy het op sy tuisdorp gesterf twee jaar nadat hy afgetree het.
Van die geboue wat hy ontwerp het, is die eerste aandelebeursgebou in Kerkstraat, Potchefstroom, wat in 1891, 'n jaar nadat dit voltooi is, deur 'n brand in puin gelê is. Dit is herbou, maar dis onbekend of hy ook die nuwe plan geteken het. Die Anglikaanse kerk St. Mary (omstreeks 1890) word ook aan hom toegeskryf. Twee van sy bekendste ontwerpe is die NG kerke Robertson en Nieuwoudtville.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.