From Wikipedia, the free encyclopedia
John Hays Hammond (1855 - 1936) was 'n myningenieur en magnaat. Hy is in San Francisco, Amerika gebore en studeer aan die Universiteit van Yale en aan die Koninklike Saksiese Mynbouakademie in Freiberg, Duitsland. In 1893 word hy deur die Barnato-broers in diens geneem om verslag te doen oor sekere van hulle eiendomme en gaan werk daarna vir Cecil John Rhodes. Hy word aangestel as raadgewende ingenieur van die Consolidated Gold Fields of South Africa. Hy woon op die Witwatersrand en was een van die vier hoofleiers van die Reform Commitee wat die Jameson-inval lei. Na die mislukte inval word hy in hegtenis geneem, verhoor en ter dood veroordeel. Hy betaal 'n boete van £25,000 en word vrygelaat.
John Hays Hammond | |
---|---|
Gebore | 31 Maart 1855 |
Sterf | 8 Junie 1936 (op 81) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | mynbou-ingenieur, diplomaat |
Eggenoot | Natalie Harris (28 September 1859–18 Junie 1931) |
Kinders | John Hays Hammond, Jr. (13 April 1888–12 Februarie 1965) Natalie Hays Hammond (1904–1985) Nathaniel Harris Hammond (?–1906) Richard Pindle Hammond |
Ouer(s) | Sarah (Hays) Lea Richard Pindell Hammond |
Hy verteenwoordig die Amerikaanse President William Howard Taft tydens die kroning van George V van die Verenigde Koninkryk in 1911.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.