tiende eeuse geïllustreerde manuskrip in die versamelings van die Bodleian Biblioteek From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Juniusmanuskrip is een van die vier groot kodekse van die Oudengelse letterkunde. Dit is in die 10de eeu geskryf en bevat gedigte wat handel oor Bybelse onderwerpe. Moderne redakteurs meen die manuskrip bestaan uit vier gedigte, wat hulle noem Genesis, Eksodus, Daniël en Christus en Satan.[1]
Die identiteit van die skrywer is onbekend. Daar is lank geglo dit is die werk van Cædmon, die 7de-eeuse Angel-Saksiese godsdiensdigter, en dit is dus die Cædmonmanuskrip genoem. Dié teorie word nou verwerp weens die verskille tussen die gedigte. Die huidige naam kom van die Nederlands-Engelse geleerde Franciscus Junius, wat die inhoud in 1655 die eerste keer geredigeer en die manuskrip aan die Oxford-universiteit bemaak het.
Die kodeks bestaan uit twee dele, wat Boek I en Boek II genoem word, en bevat verskeie illustrasies. Boek I bevat die gedigte Genesis A, Genesis B, Eksodus en Daniël, terwyl Boek II net Christus en Satan bevat. Die meeste geleerdes glo nou verskeie skrywers het die manuskrip geskryf.[2] Verder is Boek I deur dieselfde skriba oorgeskryf, terwyl Boek II (wat net uit Christus en Satan bestaan) deur drie verskillende skribas "met ronder handskrifte" oorgeskryf is.[3]
Die manuskrip is gedeeltelik geïllustreer. Dit lyk of twee illustreerders afsonderlik daaraan gewerk het. Die eerste skriba het spasies in die teks gelos vir illustrasies wat nooit voltooi is nie.[4] Net sowat 'n derde van die illustrasies het dit op die ou end tot in die manuskrip gemaak.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.