KV19
From Wikipedia, the free encyclopedia
KV19 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit was bedoel as 'n graf vir prins Ramses Setherchepsjef, beter bekend as farao Ramses VIII, maar is later gebruik vir die begrafnis van prins Mentoeherchepsjef, die seun van Ramses IX, wat voor sy vader oorlede is. Hoewel dit onvoltooi is, word die versiering beskou as van die hoogste gehalte.
Kitsfeite
KV19 | ||
Grafkelder van Mentoeherchepsjef | ||
Prins Mentoeherchepsjef bring 'n offerande aan Banebdjed in KV19. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | 1817 | |
Uitgrawings deur | Giovanni Belzoni (1817) Edward R. Ayrton (1906) | |
Versiering | Dodeboek (dele) | |
Sluit