Kamoeflering is die vermomming of wegsteek van voorwerpe deur die toepassing van kleur en vorm sodat 'n objek wat normaalweg sigbaar is teen die agtergrond verdwyn of moeilik uitkenbaar is. Kamoeflering is 'n vorm van misleiding. Die woord kamoeflering is afkomstig van die Franse woord camoufler, wat beteken "om te verdoesel".

Thumb
'n Soldaat kamoefleer sy gesig met kleurverf.
Thumb
'n Gekamoefleerde soldaat in Afghanistan.
Thumb
'n Verkleurmannetjie op 'n tak smelt met sy omgewing saam.
Thumb
'n Tropiese botvis gekamoefleer op die sandbodem.

Militêre toepassing

Soldate en militêre toerusting word dikwels gekamoefleer sodat die vyand hulle nie maklik kan opmerk nie. En vliegtuie word ook gekamoefleer sodat hulle nie afgeskiet word nie.

Plante en diere

Plante en diere gebruik ook kamoeflering as 'n oorlewingstrategie. 'n Jagter kan homself vir sy prooi kamoefleer om sodoende voedsel te bekom. Die prooi kan ook kamoeflering inspan om te keer dat dit maklik uitgeken en gevang sal word.

'n Goeie voorbeeld hiervan is verkleurmannetjies wat die kleur van hout of blare kan aanneem. Hulle staan ook in posisies wat in lyn met hulle agtergrond is om sodoende by die omgewing in te smelt.

Sommige diere, soos die glaskatvis, is selfs deursigtig. Slegs hulle en sekere organe is sigbaar wat dit moeilik maak om hulle raak te sien as hulle stil in die water hang.

Ander gebruike

Soms word alledaagse voorwerpe gekamoefleer om 'n meer estetiese omgewing te skep. As voorbeeld kan 'n selfoontoring soos 'n boom opgemaak word om dit by die omgewing te laat inpas.

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.