Boom

From Wikipedia, the free encyclopedia

Boom
Remove ads

In plantkunde is 'n boom 'n meerjarige vaatplant met 'n langwerpige stam wat gewoonlik takke en blare ondersteun. Volgens sommige enger definisies is 'n boom slegs houtplante met sekondêre groei, plante wat bruikbaar is vir hul hout of plante bo 'n bepaalde hoogte. In wyer definisies word langer palms, boomvarings, piesangs en bamboes ook as bome geag. Bome is nie 'n taksonomiese groep nie, maar sluit 'n verskeidenheid plantspesies in wat onafhanklik van mekaar 'n stam en takke ontwikkel het as 'n manier om bo ander plante uit te troon om vir sonlig te kompeteer. Die meerderheid boomspesies is angiospermae of hardehoutsoorte; baie van die res is gimnospermae of sagtehoutsoorte. Bome bestaan al vir 370 miljoen jaar en daar is na raming sowat drie biljoen volwasse bome in die wêreld.

Thumb
'n Rooihoutboom, die hoogste boomspesie op aarde. Dit het brandbestande bas, en skep 'n mikroklimaat wat 'n verskeidenheid dier- en plantlewe onderhou.
Thumb
Dwarssnit van 'n Ginkgo-stingel (4 mm in deursnee) — floëem- (of binnebas), xileem- en ander selle is sigbaar. Die komplekse vaatstelsel fasiliteer die vervoer van water en nutriënte van die wortels na die blare, en suikers van die blare regdeur die plant.

'n Boom het tipies baie sekondêre takke wat vry van die grond deur die stam ondersteun word. Hierdie stam bevat tipies houtagtige weefsel vir sterkte, en komplekse vaatweefsel om materiaal van een deel van die boom na 'n ander te vervoer. Die meeste bome word omring deur 'n laag bas wat as 'n beskermende versperring dien. Ondergronds vertak die wortels en sprei wyd uit; hulle dien om die boom te anker en vog en voedingstowwe uit die grond te onttrek. Bogronds verdeel die takke in kleiner takke en lote. Die lote dra gewoonlik blare, wat ligenergie opvang en dit deur fotosintese in suikers omskakel, wat die voedsel vir die boom se groei en ontwikkeling verskaf.

Bome plant gewoonlik voort met behulp van sade. Blomme en vrugte kan teenwoordig wees, maar sommige bome, soos konifere, het eerder stuifmeel- en saadkeëls. Palms, piesangs en bamboes produseer ook sade, maar boomvarings produseer eerder spore.

Bome speel 'n beduidende rol om erosie te verminder en die klimaat te modereer. Hulle verwyder koolstofdioksied uit die atmosfeer en stoor groot hoeveelhede koolstof in hul weefsels. Bome en woude bied 'n habitat vir baie dier- en plantspesies. Tropiese reënwoude is een van die mees biodiverse habitatte ter wêreld. Bome bied skadu en skuiling, hout vir konstruksie, brandstof vir kook en verhitting, en vrugte vir kos sowel as baie ander gebruike. In sommige wêrelddele krimp woude omdat bome afgekap word om grond vir landboudoeleindes beskikbaar te stel. Weens hul lang lewe en bruikbaarheid, is bome nog altyd eerbiedig, met heilige bome in verskeie kulture, en hulle speel 'n rol in baie van die wêreld se mitologieë.

Bome is geneig om langlewend te wees, sommige word etlike duisende jaar oud. Dit is byvoorbeeld bekend dat die moerassipres (Taxodium distichum) van die oostelike Verenigde State meer as 2 000 jaar oud kan word.[1] Boomsade kan ook lank kiemkragtig bly. Verskeie sade van die Judese dadelpalm, 'n uitgestorwe variëteit van Phoenix dactylifera, is vanaf 1963 te Masada in Israel gevind. Die sade het volgens koolstofdatering uit die eerste, tweede en vierde eeue voor Christus dateer, asook die eerste eeu n.C.. Etlike hiervan is tog tussen 2005 en 2014 ontkiem en het lewenskragtige dadelpalms van albei geslagte opgelewer.[2]

Remove ads

Beskermde spesies en eksemplare

Thumb
Keëls, vrugte en sade van bome. Konifeersade kan dekades lank in hul keëls oorleef, voordat dit deur byvoorbeeld 'n bosbrand vrygestel word.
Thumb
Peule is die vrugte van peulplante, d.i. veldkruide, struike en bome in die familie Fabaceae. Dié bekende familie word soms verder in die ertjie-, flambojant- en doringboom-families onderverdeel, waarvan die blomme opmerklik van mekaar verskil.
Thumb
Vyf kokervrugte van 'n vlamboom (Brachychiton) wat uit 'n enkele blom ontstaan het. Die sade word ontbloot wanneer die vrugte uitdroog en langs 'n naat oopspring.

In Suid-Afrika geniet etlike boomspesies amptelike beskerming. Teen November 2021 het die Departement van Omgewing, Bosbou en Visserye reeds 52 inheemse boomspesies op die beskermde lys geplaas.[3] Eksemplare van hierdie spesies mag ingevolge die Nasionale Bosbouwet (Wet nr. 84 van 1998) nie vernietig, teruggesnoei, verwyder, geskenk, verhandel, vervoer of uitgevoer word sonder die nodige vergunning of lisensie van die departement nie.

Die mees onlangse spesies om tot die beskermde lys gevoeg te word is die rooi-ivoor, jakkalsbessie, manketti en umtiza in 2021.[4] Ander boomspesies wat wetlik beskerm word is die:

Die wet maak ook voorsiening vir die beskerming van besonderse individuele bome deur hulle as kampioenbome te verklaar. Sogenaamde "grootbome" benewens sekere lanings en aanplantings van historiese belang, hetsy inheems of uitheems, kan hierdeur beskerming verkry. Teen 2015 is amptelike beskerming reeds aan 82 Suid-Afrikaanse kampioenbome toegeken,[6] waaronder die Kanferlaning (Cinnamomum camphora) te Vergelegen, die Poskantoorboom (Sideroxylon inerme) in Mosselbaai, die Ou slaweboom (Quercus robur) in George en die Wonderboom (Ficus salicifolia) in Pretoria. Buite Suid-Afrika word registers van amptelike kampioenbome ook in Kanada, die Verenigde State, Verenigde Koninkryk en Nieu-Seeland gehou.

Remove ads

Hoofboomgroepe

Net in Suider-Afrika is daar ongeveer 2 100 inheemse plantspesies wat as bome gereken word,[7] waarvan sommige ook onderskeibare subspesies en variëteite het. Etlike inheemse bome word binne die streek, maar buite hul natuurlike verspreidingsgebied verbou, en kan dus lokaal as uitheems beskou word. Byna oral groei bome wat van buite die streek ingevoer is, soos tewens op die hoëveld waar baie plaaslike boomsoorte nie aard nie. Die getal ingevoerde boomspesies in Suider-Afrika is al op 'n bykomende 2 000 spesies geraam,[8] waarvan sowat 100 in die streek genaturaliseer is, en sommige indringerstatus verwerf het.[7]

Een manier om boomspesies te eien is deur die gebruik van sogenaamde sleutels, maar dié is vir plantkundiges eerder as leke geskik, omdat deeglike kennis van vakterme en plantanatomie benodig word. Vertroudheid met die belangrikste plantfamilies van 'n streek fasiliteer egter identifikasie deur vergelyking van 'n beperkte getal spesies aan die hand van 'n vereenvoudigde stel kenmerke. Byna twee derdes van Suider-Afrikaanse boomspesies behoort naamlik tot een van 20 families, wat met die nodige opleiding op sig onderskeibaar is. In dalende volgorde van spesie-diversiteit is hulle die katjiepiering-, ertjie-, doringboom-, pendoring-, naboom-, mango-, protea-, boswilg-, flambojant-, ebbehout-, madeliefie-, aartappelbos-, selonsroos-, vy-, kapper-, mirre-, salie-, rosyntjiebos-, sitrus- en lietsjiefamilies.[7]

Blomdraende plante (Magnoliophyta; angiosperme)

Dikotiele (Magnoliopsida) A – F

  • Altingiaceae (Altingia-familie)
    • Amberboom, Liquidambar-spesie
  • Anacardiaceae (Kasjoe-familie)
    • Kasjoe, Anacardium occidentale
    • Veselperske (mango), Mangifera indica
    • Pistasio, Pistacia vera
    • Soemak, Rhus-spesie, insluitend Karees
    • Lakboom, Toxicodendron verniciflua
  • Annonaceae (Suikerappel-familie)
    • Cherimoja Annona cherimola
    • Suikerappel Annona reticulata
    • Papaja Asimina triloba
    • Suursop Annona muricata
  • Apocynaceae (Dogbane-familie)
  • Aquifoliaceae (Huls-familie)
    • Huls, Ilex-spesie
  • Araliaceae (Ivy-familie)
    • Kalopanax, Kalopanax pictus
Thumb
Berkeboom (voorgrond) en esdoringboom (agtergrond) in herfstyd
Thumb
Vrugdraende takkie van 'n jakkalsbessie
Thumb
Saailing van 'n koorsboom (Acacia xanthophloea), met die twee saadlobbe (bo en onder) van 'n dikotiele plant
    • Acacia, Acacia-spesie
    • Gleditsia, Gleditsia triacanthos
    • Robinia, Robinia pseudoacacia
    • Purperwinde, Laburnum-spesie
    • Pau Brasil, Brasilhout, Caesalpinia echinata
  • Fagaceae (Beuk-familie)
    • Kastaiing, Castanea-spesie
    • Beuk, Fagus-spesie
    • Suiderbeuk, Nothofagus-spesie
    • Looieik, Lithocarpus densiflorus
    • Eike, Quercus-spesie
  • Fouquieriaceae (Boojum-familie)
    • Boojum, Fouquieria columnaris

H – P

Thumb
Kremetartboom in Tanzanië
Thumb
Nyssaceae: 'n Duifboom in blom
  • Nyssaceae (Tupelo-familie; ook soms ingesluit in Cornaceae)
    • Tupelo, Nyssa-spesie
    • Duifboom, Davidia involucrata
  • Oleaceae (Olyf-familie)
  • Paulowniaceae (Paulownia-familie)
    • Foxglove boom, Paulownia-spesie
  • Platanaceae (Plataan-familie)

R – Z

Thumb
'n Esdoring in herfsgewaad
  • Sapindaceae (Aceraceae en Hippocastanaceae hierby ingesluit) (Seepbessie-familie)
    • Esdoring, Acer-spesie
    • Perdekastaiing, Aesculus-spesie
    • Meksikaanse bokoog, Ungnadia speciosa
    • Lietsjie, Litchi sinensis
    • Gouereënboom, Koelreuteria paniculata
  • Sapotaceae (Melkhout-familie)
    • Argaanboom, Argania spinosa
    • Gutta-percha, Palaquium-spesie
    • Tambalacoque, of "Dodoboom", Sideroxylon grandiflorum, voorheen Calvaria major
  • Simaroubaceae (Hemelboom-familie)
    • Hemelboom, Ailanthus-spesie
  • Theaceae (Camellia-familie)
    • Gordonia, Gordonia-spesie
    • Stuartia, Stuartia-spesie
  • Thymelaeaceae (Thymelaea-familie)
    • Ramin, Gonystylus-spesie
  • Ulmaceae (Olm-familie)
    • Olm, Ulmus-spesie
    • Zelkova, Zelkova-spesie
  • Verbenaceae Lantana-familie

Monokotiele (Liliopsida)

Thumb
'n Judese dadelpalm, Metusalag genoem, te Ketura, Israel. Hierdie manlike plant het uit 2000 jaar oue saad ontkiem.
  • Agavaceae (Agave-familie)
    • Cabbage tree, Cordyline australis
    • Drakeboom, Dracaena draco
    • Joshuaboom, Yucca brevifolia
  • Arecaceae (Palmae) (Palm-familie)
    • Areca Neut, Areca catechu
    • Kokospalm Cocos nucifera
    • Dadelpalm, Phoenix dactylifera
    • Chusan Palm, Trachycarpus fortunei
  • Poaceae (Gras-familie)
  • Piesang'bome' – nie werklik bome nie

Konifere (Pinophyta; Sagtehoutbome)

Thumb
Hervestiging van Rooispar (Picea rubens) in die suidelike Appalache-bergreeks van Noord-Carolina, VSA
Thumb
Bonsai van 'n Kruipende jenewerboom (Juniperus procumbens) by die VSA se Nasionale Arboretum
  • Araucariaceae (Araucaria-familie)
    • Araucaria, Araucaria-genus
    • Kauri, Agathis-spesie
    • Wollemia, Wollemia nobilis
  • Cupressaceae (Sipres-familie)
    • Sipres, Cupressus-genus
    • Skynsipres, insluitend Oregonseder, Chamaecyparis-spesie
    • Juniper, Juniperus-genus
    • Alerce of Patagoniese sipres, Fitzroya cupressoides
    • Sugi, Cryptomeria japonica
    • Rooihoutboom, Sequoia sempervirens
    • Reuserooihout, Sequoiadendron giganteum
    • Skemerrooihout, Metasequoia glyptostroboides
    • Kaalsipres, Taxodium distichum
  • Pinaceae (Den-familie)
    • Den, Pinus-genus
    • Witden, Pinus-spesie
    • Pinyonden, Pinus-spesie
    • Spar, Picea-genus
    • Lork, Larix-genus
    • Douglasspar, Pseudotsuga spesie
    • Silwerspar, Abies-genus
    • Seder, Cedrus-genus
  • Podocarpaceae (Geelhout-familie)
  • Sciadopityaceae
    • Kusamaki, Sciadopitys-spesie
  • Taxaceae (Taksus-familie)
    • Taksus, Taxus-genus

Ginkgos (Ginkgophyta)

Sikadeë (Cycadophyta)

Varings (Pterophyta)

  • Cyatheaceae- en Dicksoniaceae-families
    • Boomvarings, Cyathea, Alsophila, Dicksonia (nie 'n monofiletiese groep nie)
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads