Kapteyn se Ster
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kapteyn se Ster is ’n klas M1-ster (rooidwerg) sowat 12,76 ligjare van die Aarde af in die suidelike sterrebeeld Skilder, en die naaste halo-ster aan die Sonnestelsel. Met ’n skynbare magnitude van byna 9 is dit deur ’n verkyker of klein teleskoop sigbaar.[3]
Kitsfeite
Kapteyn se Ster
| ||||
Sterrebeeld | Skilder | |||
Spektraaltipe | sdM1[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 11m 40.58112s[2] | |||
Deklinasie | -45° 01′ 06.2899″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 8,853[1] | |||
B-V-kleurindeks | 1,57[3] | |||
U-B-kleurindeks | 1,21[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,274[4] | |||
Radius (R☉) | 0,291 ± 0,025[5] | |||
Ouderdom (jaar) | ~10 miljard[4] | |||
Temperatuur (K) | 3 570[4] | |||
Afstand (ligjaar) | 12,76 ± 0,05 | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | BY Dra[6] | |||
Planete | Kapteyn b en Kapteyn c | |||
Ander name | ||||
VZ Pictoris, GJ 191, HD 33793, CD-45°1841, CP(D)-44°612, SAO 217223, LHS 29, LTT 2200, LFT 395, GCTP 1181, HIP 24186[3] | ||||
|
Sluit
Sy deursnee is 30% van dié van die Son, maar sy helderheid is net 0,1% van die Son s’n. Dit kon eens deel van die bolswerm Omega Centauri gewees het; laasgenoemde is waarskynlik ’n dwergsterrestelsel wat lank gelede deur die Melkweg opgeneem is. Die ontdekking van twee planete, Kapteyn b en Kapteyn c, is in 2014 bekend gemaak.