From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Karme-groep is ’n groep onreëlmatige mane van Jupiter waarvan die wentelbane ooreenstem met dié van die maan Karme en wat waarskynlik dieselfde oorsprong het.
Die voorwerpe in die groep se afstand van Jupiter is in die omgewing van 22,9 en 24,1 gigameter. Hulle het ’n inklinasie van tussen 164,9° en 165,5° en ’n eksentrisiteit van tussen 0,23 en 0,27 (met een uitsondering). Die vernaamste lede van groot tot klein is:[1][2]
Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) gee name wat op "e" eindig aan die mane in dié groep.
Die ooreenkomste tussen dié mane se eienskappe dui daarop dat hulle een voorwerp was wat opgebreek het tydens ’n botsing. Die voorwerp was waarskynlik amper so groot soos Karme, met ’n deursnee van sowat 46 km. Karme bestaan uit sowat 99% van die oorspronklike massa.[3]
Verdere steun vir dié teorie kom van die eenderse kleur van die mane: almal is ligrooi[4] en het infrarooi spektra, nes D-tipe asteroïdes.[5] Dié data stem ooreen met ’n stam-asteroïde uit die Hilda-familie asteroïdes of ’n trojaanasteroïde.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.