From Wikipedia, the free encyclopedia
Kasjta was ’n 8ste-eeuse koning van Koesj en die opvolger van Alara. Sy naam, k3š-t3 (getranskribeer as Kasjta, moontlik uitgespreek kuʔʃi-taʔ),[1] "van die land van Koesj", word algemeen vertaal as "die Koesjiet".[2] Hy is opgevolg deur sy seun Pije, wat Antieke Egipte verower en die 25ste Dinastie daar gestig het.
As Koesjitiese koning het hy probeer om sy invloed in Bo-Egipte te versterk deur sy dogter, Amenirdis, as "die vrou van Amoen" in Thebe aan te stel. Deur geld van sy regering kon hy dié gebiede polities beheer.
Die duur van Kasja se bewind is onbekend. Sommige bronne gee hom aan as die stigter van die 25ste Dinastie omdat hy die eerste heerser van Koesj was wat sy invloed in ’n deel van Egipte versprei het.
Die piramides van El-Kurru bevat die graftombes van Kasjta, sy seun Pije en dié se opvolgers, Sjabaka, Sjebitkoe en Tanoetamoen.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.