Kazbek
berg op Die grens Van Georgië En Rusland / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die berg Kazbek of Kazbegi is 'n rustende stratovulkaan en een van die hoogste berge van die Kaukasusgebergte. Dit lê op die grens tussen Rusland en Georgië – in Rusland se streek Noord-Ossetië en Georgië se Kazbegi-distrik.[2]
Kitsfeite Kazbek ...
Kazbek
| |
---|---|
Ligging | Rusland, Georgië |
Hoogte | 5 034[1] meter bo seevlak |
Prominensie | 2 353 |
Reeks | Kaukasus |
Koördinate | 42°41′57″N 44°31′06″O[1] |
Bergtipe | Rustende stratovulkaan |
Laaste uitbarsting | ~750 v.C. |
Die ligging van Kazbek op die grens van Rusland en Georgië. |
Sluit
Die Kazbek is een van die 10 hoogste pieke in Rusland, die derde hoogste piek in Georgië en die sewende hoogste kruin in die Kaukasusberge. Dit is die tweede hoogste vulkaniese kruin in die Kaukasus, naas die berg Elbroes.
Die Kazbek is Russies en was die naam van 'n plaaslike Ossetiese prins. Die berg se naam in Georgies is მყინვარწვერი, Mqinvartsveri, "Gletserspits" of "Ysspits".[3] ('n Ander Georgiese naam is ყაზბეგი, Kazbegi.) Die Wainachse naam, Bashlam, beteken "Gesmelte Berg".