Ken Andrew (gebore op 30 Mei 1943) is 'n afgetrede Suid-Afrikaanse politikus.[1] Hy was Volksraadslid vir die Progressiewe Federale Party van 1977 vir die kiesafdeling Kaapstad-Tuine en van 1989 tot 1994 vir dieselfde kiesafdeling vir die Demokratiese Party.

Hy matrikuleer aan die Hoër Seunskool Rondebosch waar hy hoofseun was. Hy studeer aan die Universiteit van Kaapstad en behaal eers sy B.Sc.-graad en later 'n meerstersgraad in sakeadministrasie. Hy is getroud met Adrianne en het twee kinders.

Politieke loopbaan

Reeds op universiteit was hy voorsitter van die plaaslike komitee van die Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente (Nusas). In 1961 sluit hy aan by die Progressiewe Party en word in 1977 Volksraadslid vir Kaapstad-Tuine. Hy was die Demokratiese Party se federale voorsitter van 1991 tot 1994 en een van net sewe lede van die party wat verkies is tot die Nasionale Vergadering in 1994 se eerste demokratiese verkiesing.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.