'n toestel wat mense toelaat om kontant uit hulle bankrekeninge te onttrek From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Kitsbank, geldoutomaat of outomatiese tellermasjien (OTM) is 'n toestel wat mense toelaat om kontant uit hulle bankrekeninge te onttrek. Sommige kitsbanke laat ook ander transaksies toe, soos om geld te deponeer, rekeningoorplasings te doen, state en saldobalanse aan te vra, en selfs rekeninge te betaal. Kitsbanke word algemeen voor banke, in winkels en winkelsentrums aangetref.
Mens moet oor 'n debiet- of kredietkaart beskik om 'n kitsbank te kan gebruik. Nadat die kaart in die masjien ingestoot is, moet 'n persoonlike identifikasienommer (PIN) ingesleutel word, wat jou toegang tot jou rekening bied.
Bedrog vind algemeen by kitsbanke plaas. Mense kan oor jou skouer loer om jou PIN te sien en soms word versteekte kameras opgerig om mense se besonderhede te onderskep. Sodra die skelms jou rekeningnommer en PIN het, kan hulle geld uit jou rekening steel.
Die eerste meganiese masjien ('n tipe kitsbank) wat geldnote kon uitreik, dateer uit 1939. Die masjien is deur Luther George Simjian ontwikkel en gebou, en is by die City Bank of New York, tans die City Bank, geïnstalleer. Klante het egter nie die masjien aanvaar nie, en dit is ses maande later verwyder.
Daarna het die ontwikkeling van die kitsbank 25 jaar lank stilgestaan, totdat John Shepherd-Barron die eerste elektroniese OTM ontwikkel het. Hierdie masjien is op 27 Junie 1967 by Barclays Bank in Enfield Town (Noord-Londen) geïnstalleer. Die eerste persoon wat geld by die kitsbank onttrek het, was die akteur Reg Varney, wat bekend is vir die TV-reeks On the Buses.
Banke aanvaar selde verantwoordelikheid vir misdade wat by en om kitsbanke plaasvind. Dit is daarom noodsaaklik om te alle tye bedag en versigtig te wees. Die volgende veiligheidswenke kan help:[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.