Klas 33-000-diesellokomotief
From Wikipedia, the free encyclopedia
Klas 33 is 'n tipe diesellokomotief - tegnies 'n diesel-elektriese lokomotief - wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotief is die eerste Co-Co- (twee drie-as draaistelle met 'n elektriese motor elk per as) hooflyn ontwerp.
SAR no. 33-025 by Bellvilledepot, Kaapstad, 28 Maart 2009 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Diesel-elektries |
Ontwerper | General Electric |
Vervaardiger | General Electric |
Serienommer | 35457-35521 [1] |
Model | GE U20C |
Klas | Klas 33-000 [2] |
Vervaardig | 1965-1966 |
Aantal gebou | 65 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | Co'Co' interlink boegies |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Wielbasis | 3.505 m per boegie |
Lengte | 16.866 m |
Breedte | 2.756 m |
Hoogte | 3.931 m |
Asbelasting | 15.749 t |
Lokomotiefmassa | 91.000 t |
Aandrywing | |
Brandstof | Diesel |
Brandstofkapasiteit | 3600 ℓ |
Primêre aandrywing | GE 7FDL-12 |
Enjin o.p.m. | 400 opm luier 1 000 opm maksimum |
Enjintipe | Vierslagdieselenjin |
Belugting | Cooper-Bessemer ET13 turboaanjaer |
Generator | DC 10 pool GE 5GT-581C9 |
Traksiemotors | Ses GE 5GE-761A6 DC 4 pool * 635 A 1 uur |
Silinders | V12 |
Transmissie | Diesel-elektries |
Veelvuldige werking | 4 maksimum |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 100 km/h |
Kraglewering | 1605 kW wegtrek 1490 kW aanhoudend |
Trekkrag | 223 kN wegtrek 178 kN teen 24 km/h |
Hegfaktor | 25% wegtrek 20% aanhoudend |
Lokomotiefremme | lugremme, 28-LV-1 met waakbeheer |
700 ℓ hoofreservoir Kompressor: 0.029 m3/s Uitlaatkapasiteit teen hoë luierspoed: 0.116m3/s | |
Lokoremkrag | 70% verhouding teen 345 kPa remsilinderdruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë Spoornet COMILOG, Gaboen Soedanse Spoorweë Transnet Freight Rail[1] |
Aantal in klas | 65 |
Vlootnommer(s) | 33-001 tot 33-065 |
Bynaam | Bosvark |
Plek gebruik | Koedoespoort en Oos-Londen |
Afleweringsdatum | 1965-1966 |
Eerste tog | 1965 |
Klasse 33-000 en 33-400 is verskaf deur General Electric Company en was genommer as U20C deur die vervaardiger. Die eerste reeks is van 1965 tot 1966 volledig in die VSA gebou, terwyl die laaste reeks van 1968 tot 1970 in Suid-Afrika gebou is.
Hulle is toegerus met 'n vierslag V12 turboaangedrewe, na-verkoelde dieselenjin wat 'n gelykstroomgenerator en ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf. Hulle is toegerus met dinamiese remme. Beide die reekse het 'n lae neus voor die kajuit.
Die 33-000 reeks is aanvanklik in die Kaapse Middelande gebruik totdat die 34-000 klas beskikbaar was, hulle is toe na die destydse Transvaal oorgeplaas. Die 33-400 reeks doen hoofsaaklik diens in die Koedoespoortomgewing.
Die 33-200 reeks is verskaf deur Electromotive Division of General Motors van 1966 tot 1967. Die vervaardiger se nommer is GL26MC. Hulle is toegerus met 'n vierslag V16 nie-turboaangedrewe dieselenjin wat 'n gelykstroomgenerator en ses traksiemotors, wat op die aste geïnstalleer is, aandryf. Hulle is toegerus met dinamiese remme en doen diens in die Oos-Londenomgewing. Die reeks se kenmerk is 'n hoë neus voor die kajuit.