Kleurspeling (ook irisering of opalessensie genoem[1]) is 'n speling van reënboogkleure wat van een kleur na 'n volgende oorgaan. Kleurspeling is 'n fisiese eienskap van somme oppervlaktes, wat dit laat lyk of dit van kleur verander soos die hoek van die oog of die beligting daarop verander. Die woord is van die Griekse iris, wat reënboog beteken, afgelei.

Thumb
Die iriserende oppervlak van seepbel.
Thumb
'n Goudwesp.
Thumb
Iriserende skulp.

Irisering kom algemeen in die natuur voor. Mens kry skulpe wat iriseer en olie op water het 'n iriserende skynsel. Ander voorbeelde is die vlerke van sommige skoenlappers, seepbelle en sommige minerale.

Iriserende kleure is die gevolg van die breking en interferensie van lig in of op die oppervlak van 'n voorwerp wat uit verskillende lae met verskillende brekingswaardes bestaan.[2] Dit is die resultaat van meervoudige refleksies in 'n (semi-) deursigtige materiaal. Hierdeur ontstaan faseverskuiwings in die refleksie van die uittredende liggolwe. Deur onderlinge interferensie (inmenging) van hierdie golwe ontstaan modulasieverskille, wat sommige golflengtes versterk en ander weer verswak.

Omdat die effek van die kykhoek afhang, kan die dinamiese karakter van irisering nie met fotografie vasgevang word nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.