Die Koerile-stompstertkat (Russies: Курильский бобтейл; Japannees: クリル・アイランド・ボブテイル; Engels: Kurilian Bobtail) is ’n katras of teelgroep (afhangend van die vereniging) van die Koerile, waarop beide Rusland en Japan aanspraak maak, asook Sachalin-eiland en die Kamtsjatka-skiereiland van Rusland.[1][2]

Kitsfeite
Koerile-stompstertkat
Thumb
Land Rusland, Japan
Ontstaan Natuurlik
Soort lyf Halfstewig
Pels Kort/halflank
Patroon Alle behalwe kleurpunte
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Nota: Sommige verenigings verdeel die katte in aparte kort- en langhaarrasse.
Portaal  Portaalicoon   Katte
Sluit

Geskiedenis

Die oorspronklike korthaarweergawe is ’n natuurlike ras[2][3] wat meer as 200 jaar op die eiland bekend is.[2] As selektief geteelde katte was hulle sedert die middel van die 20ste eeu gewild in Rusland en in ’n sekere mate in ander dele van Europa, veral aangesien hulle goeie jagters van knaagdiere is,[2] maar hulle is steeds skaars in die VSA.[2]

The International Cat Association (TICA) erken die Koerile-stompstertkat as ’n teelgroep met kort en halflang hare wat sedert November 2011 beskou word as "gevorderde nuwe rasse" wat nie geskik is vir kampioenskapstatus nie.[4] Ook die Fédération Internationale Féline (FIFe) beskou hulle as ’n teelgroep. Die World Cat Federation (WCF) erken hulle as een ras. Sedert November 2011 beskou die Amerikaanse Cat Fanciers Association (CFA) hulle glad nie as ’n ras nie.

Die Koerile-stompstertkat is moontlik verwant aan die Japannese stompstertkat,[1][5] maar nie aan die Kareliese stompstertkat van Wes-Rusland en Finland nie.

Beskrywing

Die kort- en halflanghaar-weergawes is albei van gemiddelde grootte en het halfstewige lywe en ’n kenmerkende, wollerige kwassiestert met een of meer kinkels. Die rug is effens krom en die agterpote langer as die voorstes, nes by die Manx.[2] Hulle het nie ’n spesifieke kleur pels of oë nie.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.