From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Kriovulkaan (soms 'n ysvulkaan genoem) is 'n soort vulkaan wat vlugtige stowwe soos water, ammoniak of metaan by of onder hulle vriespunt in 'n ekstreme omgewing uitbars. Dit is basies die soort vulkanisme wat op aarde gesien word, met vloeistof en bevrore vlugtige stowwe as geologiese allegorieë van respektiewelik gesmelte en soliede rots.[2]
Dié stowwe, wat saam gewoonlik bekend is as "kriomagma" of "kriolawa",[2] is gewoonlik vloeistowwe en kan pluime vorm, maar kan ook in dampvorm wees. Ná die uitbarsting sal die kriomagma na verwagting in 'n soliede vorm verander wanneer dit aan die baie koue omringende omgewing blootgestel word. Kriovulkane vorm potensieel op ysige mane en ander voorwerpe met volop water anderkant die Sonnestelsel se vrieslyn (soos by Pluto).[3]
Kriovulkane is moontlik geïdentifiseer op Pluto, Titaan en Ceres, en 'n paar koepels op Europa kan ook 'n kriovulkaniese oorsprong hê.[4][5] Ysgeisers is ook al waargeneem op Enkelados en moontlik Triton, hoewel hulle sover bekend nie vulkane vorm nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.