From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Universiteits- en Hansestad Lüneburg (Nederduits: Lümborg) is 'n stad in die Duitse deelstaat Nedersakse en in die distrik Lüneburg, 45 km suidoos van die Hansestad Hamburg geleë. Die stad het 'n bevolking van sowat 72 000.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Nedersakse |
Koördinate | 53°15′N 10°25′O |
Stigting (eerste verwysing) | 13 Augustus 956 |
Stadstatus | 1189 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 70,38 vk km |
Hoogte bo seevlak | 17 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2013) | 71 668 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 018/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Ulrich Mädge (SPD) |
Amptelike Webwerf | hansestadtlueneburg.de |
Lüneburg het 'n oppervlakte van 70,38 vierkante kilometer en is aan die benedeloop van die Ilmenaurivier geleë.
Die stadsgebied bestaan uit 17 stadswyke: Altstadt, Bockelsberg, Ebensberg, Goseburg-Zeltberg, Häcklingen, Kaltenmoor, Kreideberg, Lüne-Moorfeld, Mittelfeld, Neu Hagen, Ochtmissen, Oedeme, Rettmer, Rotes Feld, Schützenplatz, Weststadt en Wilschenbruch.
Sedert Desember 2004 maak die stad en distrik Lüneburg deel uit van Hamburg se openbare vervoerstelsel. Lüneburg se hoofstasie is tussen Hamburg en Hannover geleë en word deur treine van die staatsonderneming Deutsche Bahn asook die privaat spoorwegmaatskappy Metronom Eisenbahngesellschaft bedien. Die reistyd van Lüneburg na Hamburg is sowat 'n halfuur. Behalwe vir streekstreine word Lüneburg ook deur langafstandtreine soos Intercity- en Intercity-Express-treine (ICE) met ander stede verbind. In die stadsgebied verbind 'n buslynstelsel die buitwyke met die middestad. Die busnetwerk met elf lyne word deur die stedelike vervoermaatskappy KVG Lüneburg bedien.
Lüneburg se langste straat is die Dahlenburger Landstraße wat langs die spoorwegstasie loop. Lüneburg is daarnaas aan die snelweg A 39 geleë en word deur die B 209 en B 216 met die nasionale padnetwerk verbind.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.