Ladysmith

Dorp in KwaZulu-Natal, Suid-Africa From Wikipedia, the free encyclopedia

Ladysmithmap

Ladysmith is 'n groot dorp aan die oewer van die Kliprivier, in die uThukela-distrik van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is 230 km noordwes van Durban en 365 km suidoos van Johannesburg.

Kitsfeite Ladysmith Emnambithi, Land ...
Ladysmith

Emnambithi
Thumb
Sentrale besigheidsdistrik
Thumb
Ladysmith
Ladysmith
 Ladysmith se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 28°33′35″S 29°46′50″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikUthukela
MunisipaliteitAlfred Duma
Stigting1850[1]
Oppervlak
  Totaal84,13 km2 (32,48 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[2]
  Totaal64 855
  Digtheid771/km2 (2 000/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense8.3%
  Indiërs/Asiërs15.0%
  Bruin mense2.9%
  Swart mense73.3%
  Ander0.5%
Taal (2011)
  Zoeloe 64.3%
  Engels 22.8%
  Afrikaans 6.3%
  Suid-Sotho 2.2%
  Ander 4.5%
Poskode (strate)
3370
Poskode (posbusse)
3370
Skakelkode036
Webwerfladysmith.kzn.org.za
Sluit

Geskiedenis

In 1847 het 'n aantal Voortrekkers hulle in die gebied gevestig en die dorp is in 1850 gestig as die hoofstad van die Republiek van Kliprivier met Andries Spies as hulle kommandant. Die republiek is in dieselfde jaar reeds deur die Britte geannekseer. Die dorp is vernoem na Juana María de los Dolores de León Smith, wat ook bekend gestaan het as Lady Smith, die Spaanse vrou van sir Harry Smith, die goewerneur van die Kaapkolonie. 'n Fort is in 1879 gebou om die dorpenaars teen die Zoeloes te beskerm.

Tweede Vryheidsoorlog

Thumb
Ladysmith se stadsaal nadat granaatvuur die kloktoring beskadig het.

Ladysmith het wêreldbekendheid verwerf toe dit vir 118 dae, van 2 November 1899 tot 28 Februarie 1900, tydens 'n deurslaggewende stadium van die Tweede Vryheidsoorlog, deur magte van die ZAR en Oranje-Vrystaat beleër is. 3 000 Britse soldate het tydens die beleg omgekom. Vier veldslae is geveg om Ladysmith te bevry. Die Britte verloor agtereenvolgens die slae van Colenso, Spioenkop en Vaalkrans alvorens hulle uiteindelik by Pietershoogte deurbreek om Ladysmith te bevry.

Ekonomie

Belangrike nywerhede in die gebied sluit in voedselverwerking, tekstiel en die vervaardiging van motorbande.

Geografie

Vloede

Sedert die stigting van die dorp is dit gereeld deur vloedwater van die Kliprivier geteister. in 1997 is die Qedusizi-dam voltooi as 'n vloedverswakkingsdam. Die Zoeloenaam van die dam beteken “einde van lyding”. Die Spioenkop-natuurreservaat is 25 km van Ladysmith geleë.

Monumente en gedenktekens

Platrand/Wagon Hill

Thumb
Imperial Light Horse gedenkteken op Platrand
Thumb
Die Burger gedenkteken

Aan die suidekant van Ladysmith is 'n area wat aksie gesien het gedurende die beleg van Ladysmith. Die Burger Gedenkteken op Wagon Hill was onthul ter ere van die Boere magte wat gedurende die beleg en bevryding van Ladysmith gesneuwel het.

Op Platrand is daar 'n gedenktekens vir Imperial Light Horse, die Devonshire Regiment, die Earl of Ava en ander.

Spioenkop

Thumb
Britse gedenkteken op Spioenkop
Thumb
Besoekersinligting op Spioenkop

Die groot slagveld ongeveer 30 km buite Ladysmith bevat die grafte van Britse soldate en gedenktekens, onder andere 'n Boere gedenkteken, Britse gedenkteken, South Lancashire gedenkteken en Imperial Light Infantry gedenkteken.

Castor et Pollux

Twee RML 6.3-duimkanonne wat deur die Britse magte gebruik is tydens die beleg staan vandag voor die stadsaal.

Mohandas Gandhi standbeeld

'n Standbeeld van Mohandas Gandhi kan gesien word in die Lord Vishnu tempel.

Trivia

  • Tydens die Boereoorlog het Mohandas Gandhi 'n draagbaarkorps by Ladismith gevestig. Daar is 'n standbeeld van hom by die Lord Vishnutempel in Ladysmith.
  • Dit was die tuisdorp van Joseph Shabalala, stigter van die sanggroep Ladysmith Black Mambazo.
  • Dit is die geboorteplek van "Sugar Boy" Malinga, voormalige bokskampioen.

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.