From Wikipedia, the free encyclopedia
Louis Armstrong Daniel (New Orleans, 4 Augustus 1901 – New York, 6 Julie 1971) was 'n Amerikaanse jazz-trompetspeler, sanger en verhoogkunstenaar. Armstrong se byname was Satchmo en Pops. Hy het die trompet en kornet gespeel en ook gesing. Sy lae, growwe stem is maklik herkenbaar, en hy word as een van die belangrikste jazzmusikante tot nog toe beskou.[1] Hy was in verskeie lande gewild en het baie pryse oor se loopbaan ontvang. Van sy treffers is What a Wonderful World, Hello Dolly en It Takes Two to Tango.
Louis Armstrong | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Louis Armstrong Daniel |
Gebore | 4 Augustus 1901 New Orleans |
Sterf | 6 Julie 1971 New York Stad |
Genres | Jazz |
Beroep(e) | Trompetspeler, sanger |
Instrumente | Trompet, kornet |
Jare aktief | 1919–1971 |
Armstrong het beweer dat hy nie weet wanneer hy gebore is nie, maar sy verjaarsdag op 4 Julie (die Amerikaanse Onafhanklikheidsdag) vier. Hy het sy geboortejaar meestal as 1900 opgegee, maar amptelike dokumente wys dat hy in 1901 gebore is. Sy werklike geboortedag (4 Augustus) is later deur die musiekhistorikus Tad Jones in die Katolieke Kerk se doopregister opgespoor.
Hy is op 6 Julie 1971 in Corona, Queens in New York Stad aan 'n hartaanval oorlede.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.