Afrikaanse sanger From Wikipedia, the free encyclopedia
Louis van Rensburg (* 31 Julie 1944 – † 9 September 2012) was ’n Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer. Hy het bekendheid verwerf met sy musiek vir die TV-reeks Ballade vir 'n enkeling, waaronder die liedjie "Voshaarnooi". Hy het ook klankbane vir verskeie ander TV-reekse soos Bart Nel, Bosveldwinkel, Wielie-Walie, Geknelde land, Meester en Arende geskryf. Meer onlangs het hy die temamusiek vir die sepie 7de Laan geskryf.[1]
Louis van Rensburg | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Gebore | 31 Julie 1944 |
Sterf | 9 September 2012 (op 68) Johannesburg |
Genres | Ligte musiek, jazz |
Beroep(e) | Sanger, komponis, liedjieskrywer |
Instrumente | Stem, mondfluitjie, kitaar |
Jare aktief | 1973–2012 |
Webwerf | louisvanrensburg.co.za |
Van Rensburg is op die ouderdom van 68 oorlede nadat hy ’n maand vantevore in die Garden City-kliniek in Johannesburg met longontsteking opgeneem is.[2] Hy laat sy vrou, Rita en twee seuns, Louis en Jacques agter.
Van Rensburg se albums:[3]
Hy het ’n SAMA-toekenning vir sy album Jy mag maar ingepalm.
Van sy bekendste liedjies is Voshaarnooi, Op My Ou Ramkietjie en Bella Boklam.
Ballade vir 'n Enkeling | Voshaarnooi |
---|---|
Die woorde van Richard van der Westhuizen se liedjie Ballade vir 'n Enkeling lui as volg: (Louis en Richard het saamgewerk aan die klankbaan van die reeks.)[4]
|
Die woorde van Voshaarnooi, sy toonsetting van Boerneef se gedig:[5]
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.