Lugal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Lugal (Sumeries: 𒈗) is die Sumeriese term vir "koning, heerser". Dit beteken letterlik "groot man"[1] (lu "𒇽" is "man" en gal "𒃲" is "groot").[2]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/78/Lugal_in_archaic_and_early_cuneiform_on_the_Lugaldalu_statue.jpg/640px-Lugal_in_archaic_and_early_cuneiform_on_the_Lugaldalu_statue.jpg)
Dit was een van verskeie titels wat die leier van ’n stadstaat kon hê. (Ander was en en ensi; dit is onseker wat die onderskeid tussen die titels was.) Die teken vir lugal het later "koning" beteken. In Sumeries beteken dit in die algemeen eienaar (van byvoorbeeld ’n boot of landerye) of hoof (van ’n eenheid soos ’n gesin).[3]
Die wigskrifteken LUGAL 𒈗 dien as ’n bepaler in Sumeriese, Akkadiese en Hetitiese tekste om aan te dui die volgende woord is die naam van ’n koning.