Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër (Japannees: 帝国陸軍航空隊, Teikoku Rikugun Kōkūtai) was tot 1945 die lugmag van die destydse Japannese Leër. Die Japannese Keiserryk het geen aparte of onafhanklike lugmag gehad nie. Sowel die Japannese Keiserlike Leër as die Japannese Keiserlike Vloot het oor hul eie lugmagkomponent beskik.
Kitsfeite
Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër | |
---|---|
Gestig | 1912 |
Ontbind | 1945 |
Land | Japan |
Onderdeel van | Japannese Keiserlike Leër |
Tipe | Lugmag |
Logo | |
Spesialisasie | Lugoorlogvoering |
Veldslae | Eerste Wêreldoorlog Tweede Chinees-Japannese Oorlog Tweede Wêreldoorlog |
Sluit
Die Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër het hoofsaaklik taktiese lugsteun verleen. Die Lugmag van die Japannese Keiserlike Vloot was verantwoordelik vir strategiese bombardemente en nasionale lugverdediging.