Lys van deelnemers aan die Slag van Bloedrivier
Wikimedia lysartikel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Hier volg 'n onvolledige lys[nota 1] van die manskappe in die Wenkommando, die Voortrekker-kommando wat op 28 November 1838 uit Sooilaer na Dingaanstat opgeruk het, die Gelofte afgelê het, en aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem het. Die Wenkommando het na Dingaanstat opgeruk weens die moorde op Piet Retief en sy geselskap, die Bloukransmoorde en die aanval op Veglaer. Die lys van manskappe is enkele dae na die Slag van Bloedrivier naby Dingaanstat opgestel. Nie by name bekend nie, is die verdere 59 kleurlinge, asook die sowat 200 Zoeloes wat A. Biggar, E. Parker en R. Joyce vergesel het. Ses van die blankes en vyf van die Zoeloes het 11 dae later in die Slag van die Opatikloof gesneuwel.[1] Genealogiese besonderhede is deur verskillende persone en instellings nagevors.