Maankalender

From Wikipedia, the free encyclopedia

Maankalender
Remove ads

’n Maankalender is ’n kalender wat op die maandelikse siklusse van die Maan (sinodiese maand) gebaseer is. In vergelyking hiermee is ’n sonkalender se jaarlikse siklusse regstreeks op die sonjaar geskoei. Die mees algemeen gebruikte kalender, die Gregoriaanse kalender, is ’n sonkalenderstelsel wat uit ’n maankalenderstelsel ontwikkel het. ’n Suiwer maankalender verskil ook van ’n maansonkalender, waarvan die maanmaande met die sonjaar in lyn gebring word deur die een of ander proses van interkalasie (invoeging van dae). Wanneer ’n maand begin, verskil van maankalender tot maankalender: Sommige gebruik die donkermaan en ander die vol- of sekelmaan. Nog ander gebruik gedetailleerde berekenings.

Thumb
’n Spaanse maankalender vir 2017.

Aangesien elke maansiklus sowat 29+12 dae (29 d 12 h 44 m 3 s, of 29,530588 dae) duur, is dit algemeen dat die maande van ’n maankalender tussen 29 en 30 dae wissel. Omdat die tydperk van 12 sulke maande, ’n maanjaar, net 354,367056 dae is, verloor suiwer maankalenders omtrent 11 dae per jaar met betrekking tot die Gregoriaanse kalender. In suiwer maankalenders wat nie van interkalasie gebruik maak nie, soos die Islamitiese kalender, voltooi die maanmaande ’n kringloop deur al die seisoene van ’n sonjaar oor die loop van ’n siklus van 33 maanjare.

Hoewel die Gregoriaanse kalender wêreldwyd algemeen gebruik word, word tradisionele maan- em maansonkalenders steeds dwarsdeur die Ou Wêreld gebruik om godsdiensfeesdae en nasionale vakansiedae te bepaal. Voorbeelde van sulke dae sluit in Ramadan (Islamitiese kalender); Paasfees; die Japannese, Koreaanse, Viëtnamese, Mongoolse en Chinese Nuwejaar (verskeie kalenders); Diwali (Hindoekalenders); en Roosj Hasjana (Hebreeuse kalender).

Remove ads

Begin van die maanmaand

Maan- en maansonkalenders verskil in die berekening van die eerste dag van die maand. In sommige maansonkalenders, soos die Chinese kalender, is die eerste dag van die maand die dag wanneer ’n astronomiese nuwemaan in ’n spesifieke tydsone voorkom. In ander, soos die Hindoekalenders, begin elke maand op die dag ná die vol- of nuwemaan. Ander is in die verlede gebaseer op wanneer die eerste sekelmaan gesien word, soos die Hebreeuse en Islamitiese kalender.

Remove ads

Lengte van die maanmaand

Die lengte van elke maansiklus wissel effens van die gemiddelde waarde. Daarby beïnvloed onsekerheid en weersomstandighede wanneer ’n sekelmaan gesien word. Om dié onsekerheid uit te skakel, was daar al pogings om vaste rekenkundige reëls vas te stel om die begin van elke kalendermaand te bepaal (soms onderskeidelik "hol" en "vol" maande genoem).

Die gemiddelde lengte van die sinodiese maand is 29,530587981 dae. Dit is dus gerieflik as maande gewoonlik tussen 29 en 30 dae wissel. Die verspreiding van "hol" en "vol" maande kan bepaal word deur die gebruik van ’n ketting breuke en benaderings vir die voldaglengte van die maande. In die lys hier onder is ná ’n getal dae soos aangedui deur die teller van die breuk in die eerste kolom, die getal maande voltooi soos deur die noemer aangedui. Daarna volg die tydperk in jare en dae; die getal "hol" en "vol" maande; en die afwyking met betrekking tot die lengte van die ware sinodiese maand.

Meer inligting Breuk, Tydperk in jare + dae ...

Hierdie breuke kan gebruik word om ’n maankalender saam te stel of, saam met ’n sonkalender, ’n maansonkalender.

Remove ads

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads