Roosj Hasjana
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Roosj Hasjana (Hebreeus: ראש השנה, hoof van die jaar) is die Joodse nuwejaar, wat twee dae duur en plaasvind op die eerste en tweede dag van die eerste Joodse maand Tisjrie (volgens die Gregoriaanse kalender in September of Oktober).Roosj Hasjana is 'n tyd van gebed en inkeer, en in die sinagoge word die sjofar (ramshoring) honderd keer geblaas. Die Jode wens mekaar sjana towa, wat 'gelukkige nuwejaar' beteken, eet appels met heuning en doen tasjliech.




Die fees Roosj Hasjana is ingestel in Wajikra/Levitikus 23,24[1] en Bemidbar/Numeri 29,1[2] maar die eerste aanduiding van viering is in Jegezkel/Esegiël 40,1.[3]
Remove ads
Datums
Roosj Hasjana is volgens die Joodse kalender op 1 Tisjrie, die werklike viering begin egter altyd met sonsondergang op die vooraand (omdat 'n dag met sononder begin). Aangesien maande in die Joodse kalender altyd na die maan bereken word, wissel die datum van hierdie dag volgens die Gregoriaanse kalender.
Remove ads
Sien ook
- Lys van Joodse feeste en herdenkings
- Chinese Nuwejaar in die Chinese kalender
- Oujaarsaand en Nuwejaarsdag in die Gregoriaanse kalender
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads