From Wikipedia, the free encyclopedia
Maat Mons is 'n enorme skildvulkaan, die tweede hoogste berg en hoogste vulkaan, op die planeet Venus. Dit rys 8 km bo die gemiddelde planeetradius uit, en 4,9 km bo die omringende vlaktes.[1] Dit is genoem na die Egiptiese godin van waarheid en die reg, Maät.
Maat Mons | ||||
Maat Mons word op hierdie driedimensionele perspektief van die oppervlak van Venus aangetoon met die vertikale skaal vermenigvuldig met 22,5. | ||||
Soort | Vulkaan | |||
Ligging | 0.5°N 194.6°O | |||
Hoogte | 4,9 km | |||
Deursnee | 395 km | |||
|
Maat Mons het 'n groot kaldera van 28 × 31 km op sy kruin. Binne die kaldera is daar nog minstens vyf kleiner kraters van tot 10 km breed.[2] Minstens twee grootskaalse instortingsvoorvalle het al op Maat Mons voorgekom.[2]
Onlangs studies het aangetoon die vulkaanstruktuur, verspreiding van lawastrome, kraters, kruinvorm en ander kleiner verskynsels dui op onlangse aktiwiteit op Maat Mons.[3] Hedendaagse uitbarstings op Maat Mons is egter nog nie bevestig nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.