Marion-eiland
'n onbewoonde en onherbergsame sub-antarktiese vulkaaneiland, behoort sedert 1947 tot Suid-Afrika, deel van die Wes-Kaap provinsie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Marion-eiland (Engels: Marion Island) is 'n onbewoonde en onherbergsame sub-antarktiese vulkaaneiland in die suidelike Indiese Oseaan en behoort sedert 1947 aan Suid-Afrika, sedert 1994 tot die provinsie Wes-Kaap en maak administratief deel uit van die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit.
Kitsfeite Geografie, Administrasie ...
Marion-eiland | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Marion-eiland | |
Geografie | |
Ligging | Suid-Afrika, Indiese Oseaan |
Koördinate | 46°54′S 37°44′O |
Argipel | Prins Eduard-eilande
|
Oppervlakte | 290 vk km |
Hoogste punt | Mascarin Peak 1 242 m |
Administrasie | |
Suid-Afrika | |
Provinsie | Wes-Kaap
|
Sluit
Die eiland is die grootste en suidwestelike van die twee Prins Eduard-eilande en huisves in teenstelling met die noordoostelike Prins Eduard-eiland 'n gletser. Die eiland is op 13 Januarie 1773 deur die Franse ontdekkingsreisiger Marc-Joseph Marion du Fresne ontdek en na hom genoem.