From Wikipedia, the free encyclopedia
Matteo Salvini (Italiaanse uitspraak: [matˈteːο salˈviːni];[1][2] gebore 9 Maart 1973) is 'n Italiaanse joernalis en politikus wat sedert 22 Oktober 2022 as die visepremier van Italië en minister van infrastruktuur en vervoer in die 68ste naoorlogse Italiaanse regering dien. Salvini het ook tussen 1 Junie 2018 en 5 September 2019 as die visepremier en minister van binnelandse sake in die 66ste naoorlogse regering gedien.[3][4][5] Hy verteenwoordig die federalistiese party Lega (Nord).[6]
Matteo Salvini | |
Visepremier van Italië | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Oktober 2022 | |
Vise | Saam met Antonio Tajani |
---|---|
Eerste minister | Giorgia Meloni |
Voorafgegaan deur | / |
Ampstermyn 1 Junie 2018 – 5 September 2019 | |
Eerste minister | Giuseppe Conte |
Voorafgegaan deur | / |
Opgevolg deur | / |
Minister van infrastruktuur en vervoer | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Oktober 2022 | |
Eerste minister | Giorgia Meloni |
Voorafgegaan deur | Enrico Giovannini |
Minister van binnelandse sake | |
Ampstermyn 1 Junie 2018 – 5 September 2019 | |
Eerste minister | Giuseppe Conte |
Voorafgegaan deur | Marco Minniti |
Opgevolg deur | Luciana Lamorgese |
Federale sekretaris van Lega Nord | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 15 Desember 2013 | |
Voorafgegaan deur | Roberto Maroni |
Lid van die senaat van die Republiek | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 23 Maart 2018 | |
Lid van die Europese Parlement | |
Ampstermyn 14 Julie 2009 – 22 Maart 2018 | |
Ampstermyn 20 Julie 2004 – 7 November 2006 | |
Lid van die kamer van afgevaardigdes | |
Ampstermyn 29 April 2008 – 13 Julie 2009 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 9 Maart 1973 Milaan, Italië |
Politieke party | Lega Nord |
Eggenoot/-note | Fabrizia Ieluzzi (t. 2001; s. 2010) Elisa Isoardi (2015–2018) Francesca Verdini (2019–) |
Kind(ers) | 2 |
Handtekening |
In April 2019 het die Amerikaanse tydskrif Time Matteo Salvini onder die 100 invloedrykste persoonlikhede ter wêreld gereken en hom derhalwe op die Time 100-lys geplaas. [7]
Die Europese Unie se sanksies teen Rusland het talle Italiaanse uitvoerders van landbouprodukte, luukse goedere soos handvervaardigde skoene en ander produkte swaar getref. Salvini, wat as groot bewonderaar van Rusland se president Wladimir Poetin beskou word en "ekstatiese gevoelens" by Marine Le Pen, voorsitter van die Franse Rassemblement National gewek het[8], het EU-sanksies weens Rusland se Krim-anneksasie skerp gekritiseer en daarop gewys dat Turkye met Noord-Siprus selfs 'n deel van die amptelike EU-gebied militêr beset het sonder dat sanksies teen dié land ingestel is.[9][10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.