From Wikipedia, the free encyclopedia
Mengbaarheid is die eienskap van stowwe wat in alle verhoudings oplosbaar is, met ander woorde, wat teen enige konsentrasie met mekaar gemeng kan word om 'n homogene oplossing te vorm. Die term word dikwels op vloeistowwe toegepas, maar is ook van toepassing op vaste stowwe en gasse. Water en etanol is byvoorbeeld mengbaare, want hulle vorm in alle verhoudings 'n ware oplossing.[1]
Twee stowwe word "onmengbaar" genoem as daar verhoudings bestaan waar hulle nie in mekaar oplos nie. Byvoorbeeld, butanoon is aansienlik oplosbaar in water, maar butanoon en water is nie mengbaar nie, want hulle is nie oplosbaar in alle verhoudings nie.[2]
In organiese verbindings, bepaal die gewig persent van koolwaterstof ketting dikwels die verbinding se mengbaarheid met water. Onder die alkohole, byvoorbeeld, is etanol, met twee koolstofatome mengbaar met water, terwyl 1-butanol, met vier koolstowwe, nie volkome mengbaar is nie.[3] Oktanol, met agt koolstowwe, is feitlik onoplosbaar in water, lei daartoe dat dit gebruik word as 'n standaard vir verdelingsewewigte.[4] Dit is ook die geval met lipiede; die baie lang koolstofkettings van lipiede veroorsaak dat hulle byna altyd onmengbaar is met water. Soortgelyke situasies kom ook by ander funksionele groepe voor. Die reguit-ketting karboksielsure tot by butanoësuur (met vier koolstofatome) is mengbaar met water, pentanoësuur (met vyf koolstowwe) is gedeeltelik oplosbaar, en heksanoësuur (met ses) is feitlik onoplosbaar.[5] Dieselfde patroon bestaan vir ander molekules, byvoorbeeld aldehiede en ketone.
Onmengbare metale is nie in staat om allooie met mekaar te vorm nie. 'n Mengsel sal tipies in die gesmelte toestand moontlik wees, maar sodra dit stol, skei die metale in twee lae. Hierdie eienskap lei daartoe dat presipitate gevorm word wanneer 'n gesmelte mengsel van onmengbare metale vinnig gevries word. Een voorbeeld van onmengbaarheid in metale is koper en kobalt, waar vinnige afkoeling om presipitate te vorm, gebruik is om granulêre "giant magnetoresistance" (GMR) materiaal te maak.[6]
Daar bestaan ook metale wat onmengbaar is in die vloeibare toestand. Een so 'n voorbeeld met industriële belang is dat sink en silwer onmengbaar is in lood, terwyl silwer wel mengbaar is met sink. Dit is die beginsel van die Parkes proses, 'n voorbeeld van vloeistof-vloeistof-ekstraksie, waardeur silwerbevattende lood met gesmelte sink gemeng word. Die silwer migreer na die sink, wat bo van die twee-fase vloeistof afgeskep word. Die sink kan dan weggekook word, om byna suiwer silwer agter te laat.[7]
As 'n mengsel van polimere laer configurationele entropie as die komponente het, is hulle geneig om onmengbaar te wees in mekaar, selfs in die vloeibare toestand.[8][9]
Mengbaarheid van twee materiale word dikwels opties bepaal. Wanneer twee mengbare vloeistowwe gekombineer word, is die gevolglike vloeistofmengsel helder. As die mengsel melkerig is, is die twee materiale onmengbaar. Wanneer die brekingsindeks van die twee materiale egter soortgelyk is, kan 'n mengsel van onmengbare stowwe steeds helder wees, wat tot die verkeerde aanname kan lei dat die twee vloeistowwe mengbaar is.[10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.