Messier 81
From Wikipedia, the free encyclopedia
Messier 81 of M81 (ook bekend as onder meer NGC 3031) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 11,8 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is in 1774 deur Johann Elert Bode ontdek[1] en daarom word dit soms Bode se Sterrestelsel genoem. Charles Messier en Pierre Méchain het dit in 1779 herontdek en Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.[1]
Kitsfeite
Messier 81 | ||||
Messier 81 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Groot Beer | |||
Tipe | SA(s)ab, LINER | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 09h 55m 33,2s | |||
Deklinasie | +69º 03' 55" | |||
Skynmagnitude | 6,94 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 11,8 miljoen | |||
Skynbare grootte | 26,9 × 14,1 boogminute | |||
Ander name | M81, Bode se Sterrestelsel, NGC 3031, UGC 5318, PGC 28630 | |||
|
Sluit
Vanweë sy nabyheid aan die Aarde, grootte en aktiewe kern met ’n supermassiewe swartkolk van 70 miljoen sonmassas[2] is M81 al intensief deur professionele sterrekundiges bestudeer. Vanweë sy helderheid is dit ook baie gewild onder amateur-sterrekykers.[3]