Suid-Afrikaanse aktrise From Wikipedia, the free encyclopedia
Milla Louw (5 Oktober 1922 – 1 April 2012) was 'n Afrikaanse aktrise en stemafrigter wat van die grootste name in die plaaslike bedryf opgelei het. Sy het onder andere akteurs soos Marius Weyers, Wilna Snyman en Ivan Zimmermann afgerig.[1]
Milla Louw | |
Milla Louw in die Nasionale Toneelorganisasie se opvoering van Germanicus in 1958. | |
Geboorte | 5 Oktober 1922 Langlaagte tussen Vredenburg en Saldanha |
---|---|
Sterfte | 1 April 2012 (op 89) Port Elizabeth |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Beroep(e) | Aktrise, stemafrigter |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Louw is in 1922 op die plaas Langlaagte tussen Vredenburg en Saldanha gebore.
Sy matrikuleer van die Hoërskool Jan van Riebeeck, waar sy al reeds drama-klasse geneem het. Daarna verwerf sy 'n graad in maatskaplike werk aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy was ook een van die eerste studente wat by die Akademie vir Dramakuns (ADK) ingeskryf het, en behaal hier haar drame-lisensiaat. Later het sy self by die ADK klas gegee.
Die eerste rolprent waarin sy speel is Huis op Horings (1963) saam met Anna Neethling-Pohl en met Truida Pohl as regisseur. Daarna volg Die Geheim Van Nantes in 1969 waar sy die rol van Julia du Toit vir regisseur Dirk de Villiers gespeel het.[2]
Sy is op 1 April 2012 in die St. George's-hospitaal in Port Elizabeth aan 'n hartaanval oorlede. Sy word oorleef deur drie dogters, tien kleinkinders en ses agterkleinkinders.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.