![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/87/Andromeda_IAU.svg/langaf-640px-Andromeda_IAU.svg.png&w=640&q=50)
Mirach
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mirach (ook bekend as Beta Andromedae of β And) is ’n prominente ster 197 ligjare van die Son af[2] in die noordelike sterrebeeld Andromeda. Dit lê noordoos van die Groot Vierkant van Pegasus. Dit word algemeen deur sterrekykers gebruik om die Andromeda-sterrebeeld te vind. Die sterrestelsel NGC 404, ook bekend as Mirach se Spook, kan sewe boogminute van daar af gesien word.[9]
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Kitsfeite
Beta Andromedae
| ||||
![]() | ||||
Mirach se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Andromeda | |||
Bayer-naam | β Andromedae | |||
Spektraaltipe | M0 III[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 01h 09m 43.92388s[2] | |||
Deklinasie | +35° 37′ 14.0075″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,05[3] (2,01 tot 2,1)[4] | |||
Absolute magnitude (M) | –1,76[5] | |||
B-V-kleurindeks | +1,57[3] | |||
U-B-kleurindeks | +1,96[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 3–4[6] | |||
Radius (R☉) | 100[7] | |||
Ligsterkte (L☉) | 1 995[7] | |||
Temperatuur (K) | 3 842[8] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Halfreëlmatig | |||
Ander name | ||||
Mirach, Merach, Mirac, Mizar, β And, Beta Andromedae, Beta And, 43 Andromedae, 43 And, BD+34°198, FK5 42, GJ 53.3, HD 6860, HIP 5447, HR 337, LTT 10420, NLTT 3848, SAO 54471, WDS 01097+3537A. | ||||
|
Sluit
Die ster het ’n gemiddelde skynbare magnitude van 2,05, wat dit die helderste ster in die sterrebeeld maak. Die magnitude wissel egter effens tussen 2,01 en 2,1.[4] Die skynbare magnitude word met 0,06 verminder deur gas en stof tussen die Aarde en die ster.[10]