Die NG gemeente Bethulie is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Suid-Vrystaat wat in 1862 gestig is as die 10de gemeente van die Kerk in die Oranje-Vrystaat en nagenoeg die 85ste in die Kerk. Dis geleë in die Ring van Smithfield, saam met die gemeentes Smithfield, Edenburg, Rouxville, Wepener, Dewetsdorp, Zastron, Reddersburg en Vanstadensrus. Bethulie het in 2015 479 belydende en 137 dooplidmate gehad en die Ring onderskeidelik 3 006 en 844.