Natriumperoksied
chemiese verbinding / From Wikipedia, the free encyclopedia
Natriumperoksied is 'n verbinding tussen natrium en suurstof in sy -1 oksidasietoestand.
Meer inligting Algemeen, Fasegedrag ...
Algemeen | |
---|---|
Naam | Natriumperoksied |
Sistematiese naam | Natriumperoksied |
Chemiese formule | Na2O2 |
Molêre massa | 77,978 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 1313-60-6[1] |
Voorkoms | Gelerig wit vastestof[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=622(1) pm; 447(1) pm[2] |
Ruimtegroep | P62m |
Nommer | 189 |
Smeltpunt | 460 °C[1] |
Kookpunt | (ontbind) 657°C[1] |
Digtheid | 2,805 [g/cm3 @ 20°C[1] |
Oplosbaarheid | (reageer met water) [1] |
ΔfHɵ | -511,2 [kJ/mol][3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar; sterk oksiderend |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Sluit
Dit is 'n sterk oksideermiddel en mengsels met brandbare materiaal word maklik aan die brand gesteek deur wrywing, hitte of kontak met vog. Dit kan kragtig ontbind onder langdurige blootstelling aan hitte, wat die breuk van die houer kan veroorsaak.[1] Gay-Lussac en Thenard het dit in 1811 ontdek deur natriummetaal te verbrand. Natriumperoksied is higroskopies en vorm verskeie hidrate en peroksohidrate: Na2O2·2H2O, Na2O2·2H2O2·4H2O, Na2O2·2H2O2 en Na2O2·8H2O[3]