From Wikipedia, the free encyclopedia
New Line Cinema is een van die tien grootste Hollywood-rolprentateljees. Die ateljee is in 1967 deur Robert K. Shaye opgerig en is tans onderdeel van Time Warner nadat Turner Broadcasting System en Time Warner saamgesmelt het. Turner het twee jaar daarvoor, in 1994, met Castle Rock en New Line Cinema saamgesmelt, waardeur Turner 'n sterk posisie in die mediawêreld kon verdedig. Turner, wat vernaamlik aktiwiteite in die televisiebedryf gehad het (waaronder Cartoon Network) het nou ook sterk rolprentaktiwiteite bygekry, aangesien sowel Castle Rock en New Line Cinema in die rolprentindustrie aktief was.
New Line Cinema is in verskillende terreine aktief: vervaardiging en verspreiding van rolprente, bemarking, tuisvermaak en 'n spesiale divisie wat in 1990 opgerig is, genaamd Fine Line Features, wat gespesialiseerde rolprente (onafhanklike films) vervaardig, nes Fox Searchlight Pictures dit vir 20th Century Fox doen.
In Februarie 2008 is aangekondig dat eienaar Time Warner die bedryf met Warner Bros. saam wil voeg. 'n Groot deel van die 600 werknemers sal afgedank word.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.