From Wikipedia, the free encyclopedia
Ngoako Ramatlhodi (gebore 21 Augustus 1955) is 'n senior lid van die African National Congress. Hy was Suid-Afrika se Minister van Staatsdiens en Administrasie van 2015[1][2] tot Maart 2017. In die eerste Zuma-administrasie was hy 'n LP en 'n omstrede lid van die Regterlike Dienskommissie. Hy het in 2017 as LP bedank.[3]
Ngoako Ramatlhodi | |
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika | |
Ampstermyn 1 November 2010 – 2017 | |
President | Jacob Zuma |
---|---|
1ste Premier van Limpopo | |
Ampstermyn 10 Mei 1994 – 22 April 2004 | |
Adjunkminister van Korrektiewe Dienste | |
Ampstermyn 1 November 2010 – 25 Mei 2014 | |
President | Jacob Zuma |
Minister van Minerale hulpbronne | |
Ampstermyn 25 Mei 2014 – 23 September 2015 | |
President | Jacob Zuma |
Minister van Staatsdiens en -administrasie | |
Ampstermyn 23 September 2015 – 31 Maart 2017 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Susan Shabangu |
Opgevolg deur | Mosebenzi Zwane |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 21 Augustus 1955 Noord-Transvaal |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | African National Congress |
Hy was tot 2015 Minister van Minerale Hulpbronne. Ramatlhodi het in 2017 beweer dat Ben Ngubane, die Eskom-voorsitter, en Brian Molefe, uitvoerende hoof, versoek het dat hy Glencor se mynlisensies beëindig in 'n oënskynlike slenter om die verkoop van sy Optimum-steenkoolmyn aan die Guptafamilie te vergemaklik.[4][5] Hy is in sy daaropvolgende ministerspos aangewys nadat hy glo nie daaraan gehoor gegee het nie.
Hy is in die kabinetskommeling van Maart 2017 afgedank, na bewering sonder dat redes verskaf is.[6] Sy pos is ingeneem deur 'n bekende Zuma-bondgenoot, die destydse Vrystaatse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, Mosebenzi Zwane. In dieselfde skommeling is Pravin Gordhan, minister van finansies, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, ook vervang.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.