Nic Stevens
From Wikipedia, the free encyclopedia
Nic Stevens is die verhoognaam van Stephan Snyman, 'n Afrikaanse sanger wat ook saam met sy bloedbroers in die musiekgroep Broers optree. Sy eerste album, Everybody, is in 2001 deur Snyman-musiekproduksies vrygestel. In 2004 word sy eerste Afrikaanse album, Jonk Bly uitgereik. Hy is bekend vir treffers soos Toeter Skoeter, Jonk Bly, Dis altyd lente en Jy maak my mal.
Kitsfeite Geboortenaam, Gebore ...
Nic Stevens | |
---|---|
Geboortenaam | Nicolaas Stephanus Snyman |
Gebore | 28 Julie 1975 (1975-07-28) (47 jaar oud) Kaapstad, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Musikant |
Instrumente | Stem, klavier, trompet, kitaar |
Etikette | Snyman-musiekproduksies (SMP) |
Assosiasies | Broers, Christo en Cobus |
Webwerf | diebroers.co.za |
Sluit
Snyman het 'n B.Mus-graad by die Universiteit van Kaapstad verwerf met klavier as hoofinstrument. Hy bespeel ook die trompet en kitaar.[1]
In 2005 word sy liedjie Jonk Bly op kykNET se top 10 aangewys as die 4de beste liedjie van die jaar.